|
Sit in gemak en kyk hoe die Indiese Oseaan se branders inrol en breek, waar dolfyne en branderplankryers meeding om die perfekte golf te vang.
Die Lower Deck is teen 'n heuwel, ongeveer 200m van die waterkant gelee. Ons het 'n pragtige see-uitsig. Links van ons le die strand en 'n baie veilige riviermond vir kinders om in te baljaar (binne 5 10 min. loopafstand). Na regs rys die pragtige dolleriet kranse dramaties uit die see en strek vir 4 km langs die kuslyn tot by Dubbel-mond Natuurreservaat en die sogenaamde Bead Beach waar kenners meen die Santo Espirito in 1608 gestrand het. Hier is ook 'n pragtige riviermond waar jy die visarende kan hoor roep.
Die Lower Deck is 'n grondvloer woonstel wat uit die volgende bestaan: Dubbelbed slaapkamer; badkamer met stort; groot, gerieflike oop-plan area wat bestaan uit: sitkamer met DStv; kombuis en 'n slaaparea wat gemaklik 2 kinders onder 12 of 1 tiener kan huisves. Beide die slaapkamer en sitkamer het skuifdeure wat uitlei op 'n houtdek vanwaar mens kan ontspan met 'n boek, maaltye geniet op stil somersdae of met 'n glasie wyn in hand na die sterre kyk saans.
Geen troeteldiere en kinders onder 6
TARIEWE:
R400 per dag vir 2 persone + R100 per kind.
16 Dec - 3 Jan:
R700 per dag vir die eenheid.
Paasnaweek:
R700 per dag vir die eenheid.
Find more Wild Coast Accommodation here.
|